Bejaardesorg

Bejaardesorg in ‘n visionêre gemeente

Wyle     dr     Hennie     van     Deventer     skryf     in     2012     die     volgende     in     die     nuusbrief     van     die     Algemene Diakenvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk: Hopelik   is   ons   kerk   nie   meer   ‘n   “domineekerk   nie”,   dit   is   ‘n   kerk   waar   alles   in   die   gemeente   net   om   die predikant   wentel.   Hy   of   sy   is   dan   die   enigste   herder   met   die   lidmate   as   die   skape   wat   maar   net   volg. Deesdae   val   die   klem   baie   meer   op   die   lidmate   wat   nie   onder   nie,   maar   saam   met   die   dominee,   in   die gemeente    werk    en    na    mekaar    omsien    en    so    die    liggaam    van    Jesus    Christus    vorm.    So    kom    ook    die barmhartigheidsdiens van die kerk in die algemeen en die gemeente in die besonder tot sy reg. Vanuit   hierdie   skrywe   blyk   dit   dat,   in   die   moderne,   visionêre   gemeente   van   die   Hervormde   Kerk,   elke lidmaat   ‘n   duidelike   rol   te   speel   het   in   die   funksionering   van   die   liggaam   van   Christus   –   hierdie   is   geen   nuwe begrip nie. Barmhartigheid   is   die   gesindheid   waarmee   iemand   wat   fisiek   en   finansieel   in   'n   gunstige   posisie   verkeer, sonder   eie   voordeel   'n   ander   wat   in   moeilike   omstandighede   is,   tegemoet   kan   kom   en   help.   Barmhartigheid is   sonder   twyfel   deel   van   die   geloofsverantwoordelikhede   van   die   gelowige   en   die   omsien   na   bejaardes   ‘n Bybelse konsep.  

Lewensverwagting in die 21ste eeu

Volgens   die   Wêreldgesondheidsorganisasie   verhoog   die   gemiddelde   lewensverwagting   van   mense,   in   veral ontwikkelde    gemeenskappe,    dramaties.    In    die    vyftien    jaar    vanaf    2000    tot    2015,    het    die    gemiddelde lewensverwagting met vyf jaar gestyg! Volgens   ‘n   News24   artikel   (2012-11-01)   was   daar   in   2012   reeds   meer   as   15   000   mense   in   Suid-Afrika   wat   hul eeufees al gevier het! In 2010 het die telling van honderdjariges in die VSA reeds op 53 364 gestaan. Dit   is   dus   baie   duidelik   dat   die   komponent   van   bejaardes   is   ons   gemeentes,   na   alle   waarskynlikheid,   al   hoe groter   gaan   word   namate   die   tyd   aanstap.   As   gemeentes   van   die   Kerk   sal   ons   nuut   moet   begin   dink   oor   die versorging van ons bejaardes.

Studie van die Aksiegroep vir Bejaardes

As    agtergrond    vir    die    nuutdink    oor    bejaardesorg    kan    ons    die    studie    oor    hierdie    onderwerp,    soos onderneem   deur   die   Hervormde   Kerk   se   Aksiegroep   vir   Bejaardes   (AGB)   as   riglyn   gebruik.   Hierdie   studie het hoofsaaklik drie areas uitgewys waarbinne bejaardes dikwels beperkinge beleef. 1. Finansiële probleme Baie   bejaardes   sal,   wanneer   daar   met   hulle   gesels   word,   erken   dat   hulle   nooit   verwag   het   om   so   lank   te   leef nie.   Die   hoër   lewensverwagting   plaas   baie   druk   op   finansële   hulpbronne   en   dit   blyk   in   die   meeste   gevalle gou duidelik dat die tradisionele maniere van aftreebeplanning nie meer genoeg is nie. Finansiële   instellings   is   dit   eens   dat   die   meeste   bejaardes,   wat   hul   lewens   lank   gewerk   het,   na   so   kort   as   vyf jaar na aftrede, nie meer die mas opkom nie. 2. Fisieke probleme As   gevolg   van   die   hoër   lewensverwagting,   raak   plekke   in   versorgingsoorde   al   moeiliker   bekombaar   en   moet verswakte    bejaardes    al    hoe    langer    tuis    versorg    word.    (Dit    is    bo    en    behalwe    die    feit    dat    hierdie versorgingseenhede   baie   duur   is   en   baie   lidmate   dit   gewoon   nie   kan   bekostig   om   in   die   meeste   van   hierdie oorde   te   woon   nie.)   Kinders   neem   dikwels   hierdie   versorgingsverantwoordelikheid,   maar   wat   kan   ons   as kerk/gemeente doen om ondersteuning te bied? 3. Vervoerprobleme Die   studie   toon   aan   dat   namate   ouderdom   toeneem,   hoe   groter   word   die   vervoerprobleme   van   lidmate. Verswakte    gesondheid    en    dikwels    ook    hoë    onderhoudskostes    aan    motors,    dra    tot    die    probleem    by. Vervoerprobleme ontneem bejaardes van hul mobiliteit en onafhanlikheid. Met   bogenoemde   inligting   tot   ons   beskikking,   beplan   ons   om   vanaf   die   Bergsig2020-platform,   ‘n   nuwe   vorm   van bejaardesorg   in   die   gemeente   te   ontwikkel.   As   ‘n   visionêre   gemeente,   waar   elke   lidmaat   verantwoordelikheid   neem om langs die dominee te stap!
Nederduits Hervormde Kerk Bergsig
H/v Karel Trichardt laan en Leonide straat 1223
Mountain View, Pretoria
Tel 012 379 6877
bergsignhk@gmail.com

Bejaardesorg

Bejaardesorg in ‘n visionêre

gemeente

Wyle   dr   Hennie   van   Deventer   skryf   in   2012   die volgende    in    die    nuusbrief    van    die    Algemene Diakenvergadering       van       die       Nederduitsch Hervormde Kerk: Hopelik   is   ons   kerk   nie   meer   ‘n   “domineekerk nie”,   dit   is   ‘n   kerk   waar   alles   in   die   gemeente   net om   die   predikant   wentel.   Hy   of   sy   is   dan   die enigste   herder   met   die   lidmate   as   die   skape   wat maar   net   volg.   Deesdae   val   die   klem   baie   meer op   die   lidmate   wat   nie   onder   nie,   maar   saam met   die   dominee,   in   die   gemeente   werk   en   na mekaar    omsien    en    so    die    liggaam    van    Jesus Christus         vorm.         So         kom         ook         die barmhartigheidsdiens     van     die     kerk     in     die algemeen   en   die   gemeente   in   die   besonder   tot sy reg. Vanuit     hierdie     skrywe     blyk     dit     dat,     in     die moderne,       visionêre       gemeente       van       die Hervormde   Kerk,   elke   lidmaat   ‘n   duidelike   rol   te speel   het   in   die   funksionering   van   die   liggaam van Christus – hierdie is geen nuwe begrip nie. Barmhartigheid     is     die     gesindheid     waarmee iemand   wat   fisiek   en   finansieel   in   'n   gunstige posisie    verkeer,    sonder    eie    voordeel    'n    ander wat   in   moeilike   omstandighede   is,   tegemoet   kan kom   en   help.   Barmhartigheid   is   sonder   twyfel deel    van    die    geloofsverantwoordelikhede    van die    gelowige    en    die    omsien    na    bejaardes    ‘n Bybelse konsep.  

Lewensverwagting in die 21ste eeu

Volgens       die       Wêreldgesondheidsorganisasie verhoog   die   gemiddelde   lewensverwagting   van mense,    in    veral    ontwikkelde    gemeenskappe, dramaties.    In    die    vyftien    jaar    vanaf    2000    tot 2015,   het   die   gemiddelde   lewensverwagting   met vyf jaar gestyg! Volgens   ‘n   News24   artikel   (2012-11-01)   was   daar in   2012   reeds   meer   as   15   000   mense   in   Suid- Afrika   wat   hul   eeufees   al   gevier   het!   In   2010   het die   telling   van   honderdjariges   in   die   VSA   reeds op 53 364 gestaan. Dit   is   dus   baie   duidelik   dat   die   komponent   van bejaardes       is       ons       gemeentes,       na       alle waarskynlikheid,     al     hoe     groter     gaan     word namate   die   tyd   aanstap.   As   gemeentes   van   die Kerk    sal    ons    nuut    moet    begin    dink    oor    die versorging van ons bejaardes.